Drying / Curing

Tobacco Curers


In the late 60's the company produced Transportable units for curing tobacco. This was a great improvement on the old store buildings that were built and heated by fires inside to dry the leaves. The curers kept improving over the years as new technology became available. The latest models are heated by coalfired heat exchangers and the leaves are pack nice and tight into frames. These frames slide onto rails inside the curer and are evenly spaced for the best curing results. Water-to-air heated units are also available, and provide a much cleaner enviroment as there are less coalfires to maintain. The hot water is provided via a coalfired hot water kettle, and is pumped through radiators that heat up the air in the kilns.

The Tobacco curers can use either a coal fired air-to-air heat exchanger of 150kW, or a Radiator heated by one of our Kettles to produce heat for curing tobacco leaves. The leaves are packed into frames, that slides onto rails inside the curing compartment, for easy loading and unloading. The temperature is automatically controlled with electronic thermostats, and humidity control is also available. These curers are manufactured and assembled inside the factory, and is transportable in the completed form. When delivered, the unit is lowered from the truck into position, and after connecting the main power it is ready for use. The structure is painted with a specially developed heat resistant durable paint, and covered on both sides with galvanized sheets. An evenly spaced set of floorplates that is also made from galvanized material, ensures even airflow throughout the curing compartment for a high quality end product.



Replacement Units
There are two types of replacement units available for older kilns that may need new heat exchangers. These units are pre-fitted to a new panel which is just attached to the older Curing compartments on-site. It can either be a complete new 150kW heat exchanger, or a radiator unit as illustrated on the pictures.



Tabak Droërs

Gedurende die laat 60's het die maatskappy begin om vervoerbare oonde te vervaardig vir die droging van tabak. Dit was `n groot verbetering op die ou tabakskure wat gebou was en verhit is met vuuroonde binne om tabakblare te droog. Die oonde is aanhoudend verbeter soos nuwe tegnologie dit moontlik gemaak het. Die nuutste modelle word verhit met lug-tot-lug hitteruilers wat met `n outomaties ondervoerstoker en steenkool brander aangedryf word. Tabakblare word in beskermende rame styf gepak en dan in oond gedroog. Water-tot-lug eenhede is ook beskikbaar en sorg vir `n 'skoner' omgewing, aangesien daar slegs een vuur area is vir tot soveel as 10 oonde. Die warm water word voorsien vanaf een van ons warm water ketels, en word deur water klosse 'radiators' gesirkuleer om sodoende die lug te verhit.

Die Tabak oonde kan verhit word met een van twee tipes verhitting. Daar kan gebruik gemaak word van `n 150kW lug-tot-lug hitteruiler, of `n waterklos wat deur een van ons Ketels kan verhit word, om hitte te verskaf vir die droging van tabak. Die tabak blare word in rame gepak wat op glyspore in die drogins kompartement ingestoot word vir vinniger in - en uitlaai. Die temperatuur in die oonde word outomaties beheer met elektroniese termostate, en vogbeheer is ook beskikbaar op aanvraag. Die droërs word kompleet vervaardig by die fabriek, en dan volledig vervoer. Op terrein word die droër van die trok afgelaai en in posisie geskuif. Na koppeling van die elektriese toevoer kabel is dit onmiddelik gereed vir gebruik. Tydens vervaardiging word die struktuur geverf met spesiale hitte bestande verf en dan oorgetrek met gegalviniseerde materiaal. `n Stel eweredig gespasieerde vloerplate sorg vir gebalanseerde wind verspreiding in die oond, om `n beter eindproduk te verseker. Verskeie onderdele is beskikbaar vir die oonde.


Vervangings eenhede / omskakelings
Daar is twee vervangingseenhede beskikbaar vir die tabak droërs, nl. `n paneel met nuwe hitteruiler, of `n paneel met waterklos "radiator". Dit kan gebruik word om ouer oonde te herstel, of selfs om om te skakel van lug-tot-lug na water-tot-lug en andersom.Die eenhede word volledig gebou en vervoer, en dan op terrein net aan bestaande oond geheg. Die fotos illustreer voorbeelde van albei.


Timber


Two types of kilns have been developed for the curing of timber:

1.) Progressive Kilns
For the curing of soft types of wood like Pine for example, the progressive kiln is the most suitable. Higher temperatures can be used in these kilns and trolleys can be added and removed after desired percentage of dryness is reached. Once fully loaded, the kiln can be set into a repeating cycle which provides the future of a non-stop drying process. With 5 - 8 trolleys inside at any time, a trolley stacked with wet timber can be loaded every time a dry trolley is removed. The kilns can be used to cure hard wood as well, the only difference is that the fans will be changed to reversable units and the placement of ventelation boxes will be different.

2.) Compartment (Batch) Kilns
For the curing of harder types of wood like Saligna or Teak etc., even soft woods, this type of kiln is the most suitable. As soon as a batch of trolleys is loaded, the process is started and the humidity is constantly measured. The curing period for hard wood is longer than that of soft wood, and also at much lower temperatures. Fitted with reversable fans, the system has the ability to change the direction of airflow through the trolleys to assure even drying and high quality end products. All trolleys are loaded- and removed at the same time.

Stacking of trolleys
Stacking of trolleys are performed with the stacking frame to provide a neat square stack and to ensure even airflow throughout. The trolleys run on rails and are pushed into the kilns.

High Quality
The kilns are completely manufactered from stainless steel and therefore they are very durable and long lasting. All components have been tested over years and only the best and most suitable parts are used.

Heat source
Radiators are fitted and hot water provided by one of our Kettles heats up the radiators. A wood and sawdust burning kettle has been specially developed for the wood industry. Waste wood burners are also available to get rid of excessive wood, bark and sawdust.



Hout Droogoonde


Twee tipes oonde is ontwikkel vir die droging van hout:

1.) Progressiewe Oonde
Vir die droging van sagte tipes hout soos bv. Denne hout, is die progressiewe oond die mees aangewese een. Hoër temperature kan in die oonde gebruik word en trollies kan uitgehaal en ingestoot word sodra `n trollie sy verlangde persentasie vog bereik het. Sodra die oond vol gelaai is kan `n siklus begin waartydens `n nuwe trollie nat hout ingelaai word sodra `n trollie droë hout uitgehaal word. Harde houtsoorte kan ook in die oonde gedroog word, maar dan word die waaiers met omkeerbare waaiers vervang, en die posisionering van ventelasie klappe verander.

2.) Kompartement Oonde
Vir die droging van harde tipes hout soos bv. Bloekom, Kiaat ens. is die oonde die beste, maar sagte hout kan ook gedroog word. Sodra die oond vol gelaai is kan die drogings proses begin, en die humiditeit word konstand gemeet. Die drogings tydperk vir harde hout is langer as die van sagter hout, en die temperature waarteen droging plaasvind is ook baie laer.Weens die feit dat die oonde toegerus is met omkeerbare waaiers, word die widrigting gereeld omgeswaai om eweredige droging te verseker en sodoende `n beter einproduk te lewer. Sodra die hout droog genoeg is, word al die trollies uitgehaal.

Opstapel van hout op trollies
Oplaai van hout op trollies word gedoen met behulp van `n stapelrak, en die hout word eweredig gepak. Die trollies loop op spore en word in die oond ingestoot. Met behulp van spasieerders tussen die lae hout word eweredige windvloei verseker.

Hoë Kwaliteit
Die oonde word geheel van vlekvrye staal vervaardig en het `n lang lewensduur. Alle komponente is oor jare getoets en net die beste word gebruik.

Hitte Bron
Water klosse 'Radiators' word gehang en warm water wat deur een van ons ketels voorsien word, verhit dan die klos.`n Hout en saagsel Brander ketel is spesiaal ontwikkel vir gebruik op saagmeulens, en kan selfs nat saagsels ook brand. Afval hout branders is ook beskikbaar om van oortollige hout, bas en saagsels ontslae te raak.


Grain / Rice / Bean Drying


Various sizes machines have been developed for this type of drying, and it is possible to dry from 3 tons up to 6 tons of wet product per hour. Larger capacities could be dried per hour, depending on the percentage of moisture.

How it works:
The heated air is circulated through the product that is fed in from the top. The dried product gets conveyed out of the unit at the bottom, from where it is then conveyed to a silo or cooling container. The heat is provided via a hot water kettle circulating hot water through a radiator in the kiln. A fan blows the air over the radiator and the heated air is forced through the product. In case of very high moisture content, the process can be repeated until the required moisture content is reached

Maintenance:
It is recommended to have the units regularly serviced. See our maintenance section for recommended service providers.


Graan / Rys / Bone Droging

Verskeie groottes eenhede is ontwikkel vir die doel, en droging van 3 ton tot 6 ton per uur is moontlik. Groter hoeveelhede kan gedroog word, afhangende van die persentasie vog wat afgedryf moet word.

Hoe dit werk:
Warm water vanaf `n ketel word deur `n radiator gesirkuleer. `n Waaier Blaas oor die radiator en die verhitte lug word deur die nat produk geforseer. Die nat produk word van bo af ingevoer, en wanneer dit die bodem bereik word die gedroogde produk uit die eenheid weg gevoer na `n afkoelings punt. In gevalle waar voginhoud baie hoog is, kan die proses herhaal word totdat die verlangde vog persentasie bereik is.

Onderhoud:
Dit word aanbeveel om die eenhede gereeld te laat diens en sodoende die lewensduur te verleng. Kyk gerus na ons onderhoud afdeling vir aanbeveelde diensverskaffers.

Al die eenhede word kompleet vervaardig en in seksies afgelewer. Na montering en koppeling van elektriese toevoer is dit onmiddelik gereed vir gebruik.